Moontlike oorsake van gehoorverlies

Daar is verskeie oorsake van gehoorverlies en die stigma daar rondom kan maklik mense belemmer om hulp te soek.

Ons werk met mense van alle ouderdomme en met verskillende gehoor toestande om die stigma en ongemak van gehoorverlies spoedig en professioneel te adresseer.

  • Geraas blootstelling Ouderdom
  • Familiegeskiedenis
  • Oormatige oorwas
  • Middeloor ontsteking
  • Kop beserings, ‘n operasie of trauma
  • Sommige medikasie

Wanneer moet ek vir ‘n gehoortoets gaan?

Soms is dit moeilik om self te besef wanneer jy hulp met jou gehoor nodig het.

Gewoonlik raai geliefdes jou aan, of ‘n insident het tot geraas skade gelei, wat beteken jy het professionele hulp nodig.

Ons raai jou aan om vir ‘n gehoortoets te gaan wanneer jy:

 

  • Dit moeilik vind om in ‘n raserige omgewing te hoor
  • Mense gereeld moet vra om hulself te herhaal
  • ‘n Gesuis in die ore het
  • ‘n Familiegeskiedenis van gehoorverlies het
  • Blootgestel word aan oormatige geraas by die werk of met stokperdjies
  • Met ‘n kroniese siekte gediagnoseer is (bv. diabetes en TB)
  • Skielike verandering in gehoor ervaar
  • Trauma aan die kop of oor gehad het

Wat gebeur tydens die gehoor evaluasie?

Gehoor evaluasie is die eerste, maar een van die belangrikste stappe van jou behandeling.

‘n Verskeidenheid toetse gaan uitgevoer word sodat die resultate akkuraat en betroubaar is.

 

Die afspraak begin met ‘n onderhoud met jou oudioloog.

 

Daarna volg ‘n reeks van toetse wat die volgende insluit:

  • Otoskopiese ondersoek van jou oor
  • ‘n Lesing word geneem wat meet of die middeloor normaal funksioneer
  • Die gehoortoets in ‘n klankdigte kamer om te bepaal wat die sagste intensiteit is waarteen jy steeds die klank kan hoor

     

    Jou oudioloog sal vir jou die resultate verduidelik. Indien jy kan baat by gehoorapparate, sal die oudioloog ook vir jou kan verduidelik of jy een of twee apparate nodig het, hoe dit werk en wanneer jy haar weer moet besoek.

Wat gebeur tydens die gehoor evaluasie?

Die bestuur van gehoorverlies gaan oor meer as net jou gehoorapparaat.

By die Brits Hearing Institute fokus ons om deur die behandelingsproses, jou en jou naastes se lewenskwaliteit te verbeter. 

Die gehoorapparaat passing gaan gepaard met volledige toetse, voorstelle en ‘n langtermyn plan om jou gehoorverlies te bestuur en behandel. 

 Wanneer dit kom by ‘n gehoorapparaat passing is dit uniek vir elke individu. Die proses vereis ‘n akkurate diagnose van gehoorverlies om te bepaal watter tipe gehoortoestel geskik is.

Gehoorapparaat tegnologie het aansienlik verbeter. 

 Moderne gehoorapparate is:

 Kosmeties meer strategies

  • Gemaklik in terme van passing sowel as klank kwaliteit
  • Aanpasbaar tot jou individu gehoor behoeftes
  • Opsies word geprioritiseer om jou se sak te pas

 Nuwe gehoorapparaat?

Hier is 5 wenke om jou vinnig en gemaklik daaraan gewoond te maak.

  • Dra jou nuwe gehoorapparate slegs vir ‘n paar uur per dag aan die begin
  • Doen dit in ‘n rustige omgewing, soos by die huis
  • Raak gewoond aan jou eie stem wat nou anders klink
  • Jou brein sal aanpas by die nuwe klank en begin onderskei tussen watter klanke belangrik is en die onbelangrike klanke uitfiltreer.
  • Hoe meer jy jou gehoorapparate dra, hoe vinniger gaan jy aanpas