Brits Hearing Institute
Brits Hearing Institute
Welkom by Brits Hearing Institute. Ons is ‘n span van vier dames met ‘n passie om mense te help. Ons spesialiseer in die voorkoming, diagnosering asook behandeling van gehoorverlies en help graag persone van alle ouderdomme. Indien jy of jou geliefde meer inligting oor gehoorverlies benodig, of reg is om die behandelingsproses te begin, kontak ons gerus. Ons help graag.
Dienste wat ons aanbied
Gehoorapparate
Gehoorbeskerming
Diagnostiese gehoortoetse
Industriële gehoortoetse
Batterye
Swem- en slaapproppies
Hoe kan ek ‘n geliefde met ‘n gehoorverlies help?
Gehoorverlies is net so ‘n aanpassing vir ‘n pasiënt se geliefdes soos wat dit vir hom/haarself is.
Hier’s ‘n paar wenke om jou geliefde met gehoorverlies te help.
Kry die luisteraar se aandag voordat jy met hom gesels en kyk vir die luisteraar wanneer jy met hom praat
Dit is belangrik om nader aan die luisteraar te beweeg wanneer jy met hom praat. Praat duidelik met ‘n normale stemtoon
Soms is ‘n stiller omgewing gemakliker vir mense met gehoorverlies
Kontak ons gerus. Ons help graag
Telefoon
(012) 252 3395
Werksure
Ma – Don : 8:00 tot 17:00
Vry : 8:00 tot 16:00
Sat & Son : Gesluit
Adres
Armansis Mediese sentrum
Ludorfstraat 12
Brits, 0250
